Category Archives: Member communication

SUB-Komitee verslag ten opsigte van GPU “Sale” Wedvlug en “Expensive” Ringe asook “Dopetesting”

SUB-Komitee verslag ten opsigte van GPU “Sale” Wedvlug en “Expensive” Ringe asook “Dopetesting”

SALE” Wedvlug

Nadat die sub-komitee bogenoemde onderwerp goed deur gedink en bespreek het, word die volgende aanbeveling aan GPU bestuur gedoen.

  • Om die GPU “Sale” Wedvlug suksesvol te lanseer moet elke klub met al sy lede betrek word
  • As klubs help om die ringe deurlopend te verkoop ontvang die klub 5% van die totale prysgeld wat die klub verkoop het.
  • Ringe moet aan klubs wat belangsel om die “Sale” ringe te verkoop vanaf Mei elke jaar beskikbaar gestel word
  • Prys van ringe is R2000 per stel van twee(2) ringe
  • Slegs lede wat in die GPU vlieg, kwalifiseer om “Sale” ringe te koop
  • Geen perk op die aantal ringe wat lede koop nie. Kan soveel stelle koop as wat lid wil.
  • Vir elke 10 stelle ringe verkoop, word 1 posisie uitbetaal
  • Wanneer ‘n lid ‘n stel Unie “Sale” ringe koop, kwalifiseer die lid vir ‘n bonus ring. Slegs een bonus ring sal uitgereik word per ERF. Die bonus ring kwalifiseer om aan die Unie “Sale” wedvlug deel te neem. Daar sal slegs tydens die verkoop van die eerste stel Unie “Sale” ringe ‘n bonus ring uitgereik word. Geen bonus ringe vir die verkoop van verdere stelle nie. Slegs die lid aan wie die bonus ring uitgereik word, mag die bonus ring duif vlieg.
  • Normale “Dopetesting” van GPU sal geld
  • Wedvlug punt – Selfde as Derby wedvlug

GPU “Expensive” Ringe

  • Naam verander na GPU Royal Challenge
  • Die sub-komitee se gevoel is dat vir doeleindes van die GPU Royal Challenge weer ‘n veiling aangebied word
  • Die aanbeveling is dat die GPU ‘n duiwedag hou die Saterdag van die laaste wedvlug
  • ‘n Klub wat bereid is om die duiwedag aan te bied, moet die geleentheid gebied word om ook die GPU Royal Challenge aan te bied – op eie koste
  • 20 Stelle van drie ringe per stel sal aan gebied word
  • Minimum per stel sal R10 000,00 wees
  • Na die eerste 5 stelle verkoop is sal die gemiddelde prys van die 5 stelle die minimum intree bod vir die volgende 15 stelle wees
  • Slegs GPU lede mag aan die GPU Royal Challenge deelneem
  • Lede vlieg vir 100% van die prysgeld
  • Wedvlug punt – Richmond

GPU – Toets van duiwe vir verbode stimulante

  • Toetsing mag slegs gedoen word nadat alle klubs in GPU op gelei is om toetse te doen soos aanbeveel deur SANPO
  • Die gevoel is dat alle klubs in die GPU op ‘n ADHOC basis getoets sal word. Dit is die reg van die GPU om op enige gegewe mandjie aand enige klub in die GPU te laat toets.
  • Alle klubs in die GPU se name sal in koeverte geplaas word, waarna dit vir die Provinsiale President gegee sal word. Wat op sy beurt elke week een of meer name sal trek om getoets te word. Die Provinsiale President sal GPU Voorsitter in kennis stel watter klub of klubs getoets moet word. GPU Voorsitter op sy beurt sal die klub of klubs se voorsitter dienooreenkomstig verwittig dan die betrokke klub of klubs getoets word.

Refresher on result status / process

Herewith a recap of the process by which results are published on the GPU website.

Step 1 : The races are uploaded directly by clubs over the weekends to create a ‘Temporary‘ result. Clubs with wrong liberation times/distances etc. will cause an incorrect result on the web. Club uploads are not re-calculated by the website and will be shown ‘as is’. Clubs can make corrections by uploading corrected files. Processing will not be done after Monday 00:00:00.

Step 2 : The race secretary (Andre Smit) will process the tps files of the clubs to create a ‘Stage 1‘ result. This will be a re-calculated result using same liberation details / coordinates etc. Averages will only be calculated at Step 2. This is the official result subject to corrections.

Step 3 : Results stay in status of  ‘Stage 1’  for two weeks. Corrections can be made during this period. After two weeks the result will be marked as ‘Final‘ and corrections will not be allowed.

Any queries regarding results / averages in status of ‘Stage 1’ or ‘Final’ should be directed to the race secretary of the union – Andre Smit.